'n Gesinsvriendelike fees

Rook, alkohol en gedrag tydens die Fees

Die Lig en Ritme Fees is ‘n gesinsvriendelike geleentheid waar daar op ‘n verantwoordelike manier saam gekuier word. Die Fees word deur die NG Tygerpoort gehuisves waar die Christelike waardes van liefde, inklusiwiteit, selfbeheersing, matigheid en respek vir mekaar uitgeleef word.

Daarom word almal wat ons Fees besoek en saam met ons kuier, versoek om alkohol verantwoordelik te gebruik en slegs in die aangeduide areas te rook. Dit verseker dat alle individue, insluitend dié met sensitiewe gesondheidskwessies, ‘n byeenkoms kan geniet sonder ongemak. 

Daarom vra ons dat alle besoekers die volgende reëls sal nakom:

  • Geen alkohol word op die feesterrein toegelaat nie, behalwe dít wat deur die Fees te koop aangebied word.
  • Die Fees is rookvry, behalwe waar ‘n spesifieke rookarea aangedui is. Dit geld vir alle vorme van rook, insluitend elektroniese sigarette of “vaping” .
  • Die gebruik van enige dwelmmiddels, insluitend dagga, word streng verbied op ons kerkterrein.
  • Die Fees behou die reg voor om enige besoeker te verwyder wat die Fees vir ander onaangenaam maak of gedrag toon wat dui op die oormatige gebruik van alkohol.
  • Kinders se veiligheid en gesondheid is prioriteit by ons Fees.
  • Enige wangedrag, gebruik van vuil taal, geweld of onvanpaste optrede teenoor enige mede-feesganger of die personeel van die Fees sal met die nodige optrede deur die sekuriteit hanteer word.


Dankie dat ons op jou samewerking in hierdie verband kan staatmaak.