Hoe om in te skryf

Die finaal vind plaas op die Lig & Ritme Fees verhoog | 23 Augustus 2024

2023 wenners

Algehele Wenner: Janine Bester

Kategorie wenner Ope afdeling: Annien le Roux

Kategorie wenner Hoërskool afdeling: Carley Janse van Vuuren

Kategorie wenner Laerskool afdeling: Amelie Pienaar

Pryse

Daar word finaliste uit elke kategorie gekies wat op 23 Augustus 2024 by die Lig en
Ritme Fees die geleentheid gaan kry om vir finale beoordeling op te tree.

 
Daar gaan vyf pryse uitgegee word:


Eerste, tweede en derde plek, beste Hoërskool deelnemer en beste Laerskool
deelnemer. Let Wel! Een persoon kan nie meer as een prys op die geleentheid wen nie.

Die algehele wenner van al die kategorieë wen ‘n prys te waarde van R18 000 waar
jy die geleentheid kry om jou eie oorspronklike liedjie saam met Gideon Botes by
Elephant Road Studios op te neem wat ‘n basiese back-track insluit. Indien jy nie ‘n
oorspronklike liedjie het nie, kan jy deel van die prysgeld gebruik om vir jou ‘n liedjie te
laat skryf wat jy kan opneem.


Die wenners gaan by die Lig en Ritme fees op 23 Augustus 2024 bekend gemaak
word en alle finaliste moet beskikbaar wees om daardie aand te kan optree.

Die beoordelaars

JACQUES DE VILLIERS

Joshua na die Reën

GIDEON BOTES

Elephant Road Studios

JANINE BESTER

Sing Dit! Algehele Wenner 2023